JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Name & Surname
     
  Email
     
  Mobile no
     
Please calculate the following and enter the answer below
  1 plus 3 + 0 = ?
 
Bookmark and Share
Search    


ROZELLE

Rozelle se droom was van kleins af om eendag 'n boervrou te wees. Twee kinders en haar eie onderneming wat sy van hul plaas af bedryf, sou die droom vervolmaak. Op 30 is haar droom verwesenlik. Sy is in Beaufort-Wes gebore. Rozelle is gelukkig getroud met twee kinders, Rozaane en Simon en hulle woon tans op n plaas buitekant Ogies. Sy het in 1991 gematrikuleer en daarna besluit om onderwys aan die destydse Normaal Kollege Pretoria (NKP) te studeer. Wiskunde was haar passie maar sy het net gevoel dat dit tyd was om meer tyd met haar man en kinders te spandeer. Rozelle het agt jaar gelede besluit om haar klaskamer vir 'n verfkwas en skilderdoek te verruil en sy kyk nie een oomblik terug nie. Sy het geen kuns opleiding en skilder met haar hart - haar kunswerke  is realisties en weerspieel haar liefde vir die plaaslewe en versinnebeeld vreedsaamheid. Elke kunswerk is uniek omdat sy nie n spesifieke tema skilder nie. Sy is perfeksionisties en glo dat die detail van elke skildery haar kunswerke besonder maak. Kuns is haar passie en dit is daarom vir haar belangrik dat wanneer iemand na 'n werk van haar kyk, dit duidelik is hoeveel dit vir haar beteken. Sy skilder met olieverf en in haar vrye tyd bring sy elke oomblik saam met haar gesin deur. 





       
       

Kwikwap Website Consultant: Deon


Hits to date: 923 Website designed using Kwikwap